Graad R Kwartaal 2 — Volledige Onderrigstelsel

Original price was: R695,00.Current price is: R545,00.

Volledige Graad R Kwartaal 2-onderrigstelsel vir 10 weke met geïntegreerde daaglikse lesplanne vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid, Gedeelde Lees, Klank & Luister, Assessering, Wiskunde Werkboek 2, Visuele hulpbronne en “Six Bricks”-integrasie.

Kategorie:

TeachFrame se Graad R Kwartaal 2 — Volledige Onderrigstelsel bied ’n geïntegreerde 10-week-program vir ongeveer 50 skooldae.

Afrikaans Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid word binne een duidelike daaglikse onderrigroete saamgebind deur gesprek, stories, spel, beweging, konkrete leerervarings, kreatiewe werk en doelgerigte waarneming.

Die opvoeder hoef nie verskillende los programme self bymekaar te voeg nie. Die Administrasie & Implementering-gids, Daaglikse Lesplanne, Gedeelde Lees, Klank & Luister, Wiskunde, assessering, visuele hulpbronne en Six Bricks-insette werk as een geïntegreerde kwartaalstelsel saam. Die KW2-program se weektemas beweeg van huis en veiligheid deur die sintuie tot kwartaalvaslegging.

Kwartaal 2-temas

  • By die huis
  • Veiligheid
  • My gesin
  • Die weer
  • Herfs
  • Klank
  • Sig
  • Voel
  • Smaak en reuk
  • Feeste en spesiale dae

Wat is ingesluit?

  • Administrasie & Implementering-gids met kwartaalopstelling, voorbereiding, assesseringsvloei en die Graad R-jaarprogressie
  • Daaglikse Lesplanne vir Week 1–10
  • Geïntegreerde Klank & Luister-program
  • Klankflitskaarte vir die kwartaal se fokusklanke en klankgroepe
  • 10 Gedeelde Lees-tekste en stories
  • 30 Gedeelde Lees-storiekaarte
  • Assessering vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid
  • Geïntegreerde assessering-optekeningsblad
  • Graad R Wiskunde Werkboek 2
  • Weekspesifieke visuele hulpbronne en prentondersteuning
  • Geïntegreerde Six Bricks-aktiwiteite
  • Praktiese riglyne vir ondersteuning, aanpassing, waarneming en opvolg

Klank & Luister — KW2: Ek vergelyk klank

Kwartaal 2 bou direk voort op Kwartaal 1 se hoor, onderskei, kies en sorteer.

Die kernpad vir Kwartaal 2 is:

BEGINklanke → LETTERGREPE → RYM → GEHEUE → SORTERING

Leerders hersien bekende klanke en werk daarna met:

u • w • b • m • p • y • f • h • g • j

Die tweede helfte van die kwartaal skuif sterker na vokaalbewustheid en rym met:

a • e • i/u • o

Die werk bly kort, mondeling en speels. Leerders luister, vergelyk, sorteer, klap lettergrepe, herken rym, onthou kort woordreekse en kies uitskieters. Die program vereis nie formele klankskryf of onafhanklike woordfamilie-lees nie.

Die klanksimbool op die flitskaart bied visuele blootstelling, maar die opvoeder fokus primêr op die prent en die gehoorde klank.

Een Klank & Luister-pad deur die hele Graad R-jaar

KW1 — EK HOOR KLANKE
Hoor → onderskei → kies → sorteer.

KW2 — EK VERGELYK KLANKE
Beginklanke → lettergrepe → rym → geheue → sortering.

KW3 — EK HOOR KLANKE EN RYMPATRONE IN WOORDE
Rym → gedeelde klank → vergelyk → groter klankdele → ligte aanvang + rym.

KW4 — EK KAN KLANKE ONTLEED EN SAAMVOEG
Woordbewustheid → beginklank → aanvang + rym → samevoeging → segmentering      → manipulasie → klank-letterkoppeling → ondersteunde woordbou.

Gedeelde Lees en taalontwikkeling

Elke week bevat ’n doelgerigte Gedeelde Lees-teks.

Die opvoeder lees terwyl leerders voorspel, luister, praat, bespreek, volg, herhaal en eenvoudige dele oorvertel.

Gedeelde Lees, mondelinge taal en Klank & Luister word binne dieselfde weekroete verbind.

Wiskunde

Graad R Wiskunde Werkboek 2 word direk vanuit die daaglikse lesplanne gebruik.

Konkrete en mondelinge werk kom eerste. Die werkboek ondersteun die kwartaal se progressie waar die dagplan dit aandui.

Assessering en vordering

Assessering is hoofsaaklik prakties, mondelings en waarnemingsgebaseerd.

Die opvoeder versamel betekenisvolle bewys binne gewone klasaktiwiteite. Geen aparte Klank & Luister-toets word bygevoeg nie.

Six Bricks

Six Bricks word as kort geïntegreerde insette binne bestaande leerdoele gebruik.

Fisiese Six Bricks-lego word nie deur TeachFrame voorsien nie.

Waar kry ek Six Bricks-blokkies? Vir die aktiwiteite gebruik jy ses ewe groot, verskillend gekleurde DUPLO-grootte blokkies. Indien jy nie reeds geskikte blokkies het nie, kan jy ’n Six Bricks-stel van ses by Promonis Educational Materials besigtig. Die aankoop is afsonderlik en opsioneel indien jy reeds geskikte blokkies besit. Pryse, voorraad en aflewering word deur die eksterne verskaffer bepaal.

TeachFrame — Gee opvoeders die raamwerk, struktuur en hulpbronne om met selfvertroue onderrig te gee.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.