Graad 1 Afrikaans Eerste Addisionele Taal — Kwartaal 1 — Volledige Onderrigstelsel

Original price was: R299,00.Current price is: R255,00.

Graad 1 Afrikaans EAT Kwartaal 1: ’n volledige KABV/CAPS-belynde onderrigstelsel met 45 daglesse, 10 praatprente, 10 luisterstories, woordeskat, taalgebruik, klanke, assessering, ’n aparte praatprentpakket en die korrekte DBE Grootboek 1–2. Ideaal vir opvoeders, tutors en tuisonderrig.

Graad 1 Afrikaans EAT Kwartaal 1 – Volledige Onderrigstelsel

Hierdie Graad 1 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) Kwartaal 1-program bied ’n gestruktureerde, praktiese onderrigroete vir die eerste 10 weke van Afrikaans in Graad 1. Dit is KABV/CAPS-belyn en geskik vir Suid-Afrikaanse skole, tutors en tuisonderriggesinne wat ’n duidelike Grade 1 Afrikaans FAL-program benodig.

Die kwartaal begin doelbewus met ’n sterk mondelinge taalbasis. Leerders luister, verstaan, wys, kies, benoem en praat voordat formele klank- en skryfwerk geleidelik uitgebrei word.

Wat is ingesluit?

  • 7 onderrig-PDF’s met ongeveer 195 bladsye;
  • Opvoedergids met 45 gestruktureerde daglesse;
  • 10 weeklikse praatprente en 10 luisterstories;
  • Woordeskat-en-Praat-roetes met eenvoudige taalrame;
  • ’n Taalgebruik-hulpbron met kort, praktiese taalflitse;
  • Praat-, Kyk- en Sigwoordaktiwiteite;
  • geïntegreerde assessering, rubrieke, rekordering en memo;
  • ’n aparte praatprent-/prentepakket vir digitale vertoning of druk;
  • die korrekte DBE Grootboek 1 en Grootboek 2 vir die kwartaal se gedeelde lees.

Wat leer die leerders?

Weke 1–5 fokus sterk op luister, mondelinge woordeskat, begrip en taalgebruik. Vanaf Week 6 word die klanke a, s, l en v geleidelik bekendgestel en in Week 10 hersien. Temas sluit onder meer Dit is ek, My verjaarsdag, Ons gaan skool toe, My familie, Ons speel buite en gevoelens in.

Skryfwerk bly doelgerig en ouderdomstoepaslik. Die fokus is nie op lang woordlyste of meganiese afskryfwerk nie, maar op betekenisvolle taalontwikkeling.

Vir wie is die program?

Ideaal vir Graad 1-opvoeders, nuwe Grondslagfase-onderwysers, tutors, tuisonderrigouers en ouers wat gestruktureerde Afrikaans-ondersteuning soek. Dit werk veral goed waar Afrikaans vir leerders ’n tweede of derde taal is.

Maklik om te implementeer

Die daglesse, praatprente, luisterstories, woordeskat, taalgebruik, assessering en Grootboek-koppeling is reeds vir die opvoeder saam beplan. Jy hoef dus nie elke week los hulpbronne uit verskillende bronne bymekaar te probeer sit nie.

TeachFrame Graad 1 Afrikaans EAT Kwartaal 1 gee vir jou ’n volledige, stap-vir-stap kwartaalroete van luister en verstaan na vroeë lees, klankherkenning en eenvoudige ondersteunde taalgebruik.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.